Karien Nel. Child of God

01 / 02

Karien Nel. Child of God

02 / 02

ENTER A SUBTITLE


Hallo, ek is Karien Nel.


Eggenoot, ma van 'n woelwater seuntjie, kunstenaar, fotograaf, maar bo alles, 'n kind van God.


Ek is ’n Afrikaanse plattelander met ’n liefde vir mense, skilder, mooi goedjies maak en is gedurig opsoek na nuwe vorme om myself kreatief uit te druk. Ek vind my inspirasie uit God se skepping, of dit nou mense, diere¸’n kabbelende waterval, die koringland teen sonsonder of vroegherfs se wingerd is. 


Met die lewe se gejaag is dit moeilik om God met oorgawe te dien.

Vrou-wees

Ma-wees

Die botter, kaas en melk is op.

So ook die koffie.


Elke dag is 'n gejaag met klomp goedjies om te doen en in die aand kry jy maar 'n klein tydjie om saam met Hom te spandeer voor jou oë toe val. Ek wil anders lewe, ek wil Hom deel maak van daardie gejaag om goed klaar te kry. Ek wil hê Hy moet saam met my op my fotosessies gaan. Ek wil hê Hy moet vir my sê daardie stukkie moet bietjie blouer of ligter geverf word. Hy moet deel wees van alles wat ek doen en aanpak. Soms is dit moeilik, maar ek weet uit ervaring dat dit die moeite werd is. Ek SAL uitroep sodat die klippe nie hoef uit te roep nie. Hoe kan 'n mens stil bly as jy weet Hy is die rede hoekom jy vreugde kan ervaar deur dit wat jy doen. Ons (die wêreld) is net tydelik en dan is ons verewig by HOM (Yeah!!). Ek sien uit daarna en wil so lewe dat ander ook kan uitsien daarna.


Ek wil 'n foto neem waarin mense Sy liefde kan sien en 'n skildery verf wat van Sy genade getuig.

Ek wil deur my werke die Here se Naam uitroep en verheelik!

,

The best way to know God is to love many things. Painting is a faith, and it imposes the duty to disregard public opinion. The fishermen know that the sea is dangerous and the storm terrible, but they have never found these dangers sufficient reason for remaining ashore.

(Vincent van Gogh)